×
 

Probleemplante van SA

Probleemplante en Indringeronkruide van Suid-Afrika

Probleemplante van SA

Nadat dit in 1995 die eerste keer gepubliseer en in 2001 hersien is, het Probleemplante van Suid-Afrika 'n onontbeerlike gids geword vir enigeen wat wil weet hoe om probleemplante uit te ken, te verstaan en te beheer.

  • Die boek dek meer as 500 spesies probleemplante, met beskrywende en interessante teks, met die klem op die oorsprong en omgewingsimpak van elke spesie asook metodes om dit te beheer.
  • Daar is meer as 700 kleurfoto's om te help met identifikasie en die problematiese aard van die plante te illustreer.
  • Bygewerkte verspreidingskaarte toon die gebied waar elke plant voorkom, terwyl 'n reeks simbole die plaagstatus van 'n plant aandui en hoe dit deur regeringsregulasies, onkruiddoderregistrasie en biologiese beheer geraak word.
  • Inleidende hoofstukke verduidelik aspekte van ongewenste plantegroei soos bosverdigting en veldagteruitgang, asook chemiese en biologiese beheertegnieke en die bedreiging wat sierplante inhou.
  • 'n Innoverende “identifikasiesleutel” help selfs die nie-plantkundige om 'n bepaalde spesie te vind en te identifiseer.
  • Outeur: Clive Bromilow
    ISBN: 978-1-920217-31-0
    Bladsye: 424
    Formaat: 240 x 2140 mm
    Hardeband, volkleur deurgaans
    Ook in Engels beskikbaar: Problem Plants and Alien Weeds of South Africa

 


Quantity
 
UA-87624605-1 UA-106932020-1